Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Jou Geldsake | Fin24 | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Die Burger Teken in!
Soek deur Die Burger-webblad  
21|06|2006 23:38
Soek deur Die Burger se argiewe       Argiewe
Wes-Kaap
Ombudsman
Weer
Burger 90
Sudoku

Kry jou vars raaisel daagliks hier
Pret
Streeknuus
E-Pos ons
Gebruiksooreenkoms
Foto24
 


W e s - K a a p 
   
 
Susters, baba in huis geskiet
Malani Venter 21/06/2006 23:21 - (SA)

KAAPSTAD. – ’n Moontlike passiemoord het ’n 12-jarige seun sonder sy gesin gelaat nadat sy swanger ma, driejarige sussie en tannie in hul huis in Guguletu met kopskote doodgeskiet is.

’n Man (35) van die Kongo is kort na dié voorval vir ondervraging in hegtenis geneem.

Me. Petronella Mkona (31), haar dogtertjie Latoya, en suster, me. Charmaine Mkona (38), is omstreeks 01:30 gisteroggend dood op die sitkamerbanke in die pienk TV-kamer gevind.

Bure het omstreeks 01:00 skote gehoor, maar was onseker waar presies dit vandaan kom.

’n Vriendin wat in die Mkona-gesin se agterplaas woon, het hulp by die bure gaan soek toe sy vermoed het die skote is in die huis geskiet.

Die rooi voordeur van die sementhuis in NY 89, nr. 142, het oopgestaan toe die vriendin en ’n buurvrou gaan kyk het wat aangaan.

Hulle het op die liggame van die twee vroue, met Latoya in haar ma se arms, in die TV-kamer afgekom. Die televisie was nog aan.

Me. Letticia Qove, ’n buurvrou, het die polisie gebel. Volgens haar was Petronella Mkona ses maande swanger met haar derde kind. Haar 12-jarige seun, Thando, het die slagting oorleef.

Hy – en die sewe ander inwoners wat geslaap het tydens die skietery – ontvang tans berading by die Guguletu-polisie.

Volgens supt. Billy Jones, ’n polisiewoordvoerder, is die verdagte gisteroggend naby Nyanga Junction in hegtenis geneem. Hy word aangekla van moord en sal tot met sy hofverskyning by die Guguletu-polisieselle aangehou word.

Al drie slagoffers het ’n enkele skietwond in die kop, het Jones gesê.

’n Goeie vriendin van die Mkona-gesin, me. Emelda Diamond, het in trane gesê sy is briesend vir die verdagte. Die man en me. Petronella Mkona het glo vir amper tien jaar ’n aan-en-af-verhouding gehad. Hy word deur dié wat hom ken as ’n aggressiewe man beskryf.

Diamond kon nie sê waar presies die man woon nie, maar hy is glo afkomstig van die Kongo.

Volgens haar was Mkona baie bang vir hom en het nie geweet hoe om die verhouding finaal te beëindig nie. Sy is ook glo voorheen verskeie kere deur hom gedreig en aangerand.

Me. Charmaine Mkona laat twee seuns van 13 en 17 jaar oud agter.

Vriende en bure het gister geskok saamgedrom in die TV-kamer.

“Ons is so geskok. Ons het nooit gedink hy sal so iets aan haar (Petronella) en haar familie doen nie.”



Druk | E-pos
 
 
 
 Die Burger Kaart
 Gratis Nuusbrief
 Bestel foto's
 Teken In
Versekering Vir Vroue
Versekering
Jou kredietrekord
Reis en vakansie
Top Afrikaanse Boeke
Internetkasino
Bankdienste
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Os se storie
Die verhaal van een van die ware legendes van rugby, die loskopstut Os du Randt.